
| Nuusflitse |
| Nuwe Kaartstelsel vir Snoepie (E-Cash) |
|
Ons het ‘n nuwe program in werking gestel by ons snoepie om ons leerders vinniger te help tydens pouses, maar ook om kontantaankope uit te sny waar leerders se geld kan wegraak. Die stelsel is gebaseer op ‘n kaart wat elke leerder aankoop teen ‘n eenmalige bedrag van R30.00, waarop u as ouer dan vir u kind snoepie- / sakgelde kan inbetaal. Hierdie R30.00 en sakgeld moet asb apart van enige skool- of koshuisgelde inbetaal word. Dit maak dit vir die leerders baie veilig omdat slegs hy/sy met hierdie kaart kan koop. |
|
Elke kaart het sy eie strepieskode wat gekoppel is aan die kind se volledige persoonlike inligting. ‘n Foto van elke leerder word op hierdie kaart geplaas om identifisering met aankope te vergemaklik. Daar sal elke maand ‘n diensfooi van R6.50 gehef word op u kind se kaart as hy/sy enige aankope vir die afgelope maand gemaak het. Sou daar nie aankope gewees het nie sal die kind geen bedrag hoef te betaal nie. |
|
Indien u kind se kaart verlore sou raak, kan hy/sy die kaart kom kanselleer by die kantoor en teen R30.00 weer ‘n nuwe kaart aankoop. Die krediet op die vorige kaart sal oorgedra word na die nuwe kaart. Let asb daarop dat geen kontantaankope na 29 Februarie 2012 sal kan plaasvind nie, behalwe tydens sportbyeenkomste en funksies. Alle Wagposleerders moet dus ‘n kaart hê om by die snoepie te kan koop. Die geld vir die kaarte moet asb niks later as die 28ste Februarie 2012 in betaal wees nie, omrede die kaarte gedruk moet wees voor Maart 2012. Hieronder is ‘n voorbeeld van hoe u kind se kaart sal lyk: ![]() |
|
| Inligting Bord | |||||||
![]() |
|||||||
![]() |
|||||||
![]() |
|||||||
ALLE OUERS, Sien hierdie voorgestelde nuwe Gedragskode vir Leerlinge vanaf 2012. Besigtig asb hierdie gewysigde dokument, en sou u enige veranderinge of voorstelle wil maak kan u gerus die skool kontak vir Heila Jansen (Beheerliggaamslid) se kontakbesonderhede. (Let asb daarop dat hierdie is slegs 'n werksdokument totdat dit gefinaliseer word.) |
|||||||
![]() |
|||||||
![]() |
|||||||
![]() |
Wagpos spog met 'n nuwe sportbestuurder in ons midde. Mnr. Gerbrand du Preez het vanaf Oktober by ons ingeval en het groot planne vir 2012. Enige sport korrespondensie kan gestuur word aan: gerbrand@wagposhs.co.za |
||||||
Wagpos se eie boereorkes want selfs ‘n boer weet hoe om te shuffle |
Nou of Nooit (Wagpos se eie persoonlike rock band) het die aand behoorlik af gesluit |
Liné het ons gewys waarom sy al Suid Afrika verteenwoordig het met ritmiesegimnastiek en ‘n wonderlike dans roetine |
|||||
Die Wagpos babes het net aan hou wys hoe pragtig Wagpos dames kan wees |
Jandre het ons harte vinniger laat klop elke keer wat hy die dromme geslaan het |
Liné het Jan mooi gevra om haar te skweez |
|||||
Michelle het pragtig gedans met haar solo |
Grease was ook daar en het gewys hoe om te “groove” met hulp van die gr10’s |
Jandré het met Piano man ons almal aan die sing gehad en beslis ‘n hele paar harte gewen |
|||||
Ons Talent volle wenners wat die aand opgekikker het met pragtige stemme, ongelooflike danspassies en instrumente soos dromme, ‘n mondfluitjie en klavier. Dit wil gedoen wees |
Die ouetehuis was self lus vir paaartie. Wagpos se toneel het almal lus gemaak om self eendag ouetehuis toe te gaan. Baie geluk aan Mev. Rita Snyman wat die toneel geskryf en en Mnr. Hannes Pieterse wat die regie doen het. |
||||||
Werner (Olifant) – het almal se voete laat jeuk met die getrek van sy konsertina |
Zané sê dis harde werk om ‘n ster te wees |
Nadia was ‘n regte rock star met haar stem terwyl sy ‘n paar scatterboys se harte gesteel het |
|||||
| Die Maand se Kalender | |
![]() |
|
| 17de Januarie 2012 | |
| Koshuise open | |
| 18de Januarie 2012 | |
| Skool heropen | |
| Copyright © 2012 Hoërskool Wagpos. All rights reserved. | wagpos op |
|||||