
| Copyright © 2012 Hoërskool Wagpos. All rights reserved. | |
| Seuns Skooldrag | |||
| Somer - Seuns (Graad 8 - 11): | Winter - Seuns (Graad 8 - 11): | ||
| Groen kortmouhemp | Groen hemp | ||
| Olyfgroen kortbroek | Olyfgroen kort- of langbroek | ||
| Grys kouse (met skoolkleurstrepie) | Grys kouse (met skoolkleurstrepie) | ||
| Swart toerygskoene | Swart toerygskoene | ||
| Groen skooltrui | Groen skooltrui | ||
| Sweetpakbaadjie | Sweetpakbaadjie | ||
| Groen kleurbaadjie | Groen kleurbaadjie | ||
| Mag met formele geleenthede ‘n wit hemp en das dra maar kleurbaadjies is dan verpligtend | |||
| Somer - Seuns Matriekdrag: | Winter - Seuns Matriekdrag: | ||
| Wit kortmouhemp | Wit hemp | ||
| Donkergroen langbroek | Donkergroen langbroek | ||
| Grys kouse | Grys kouse | ||
| Swart toerygskoene | Swart toerygskoene | ||
| Groen skooltrui | Groen skooltrui | ||
| Sweetpakbaadjie / Groen kleurbaadjie | Sweetpakbaadjie / Groen kleurbaadjie | ||
| Matriekbaadjie | Matriekbaadjie | ||
| Meisies Skooldrag | |||
| Somer - Meisies (Graad 8 - 11): | Winter - Meisies (Graad 8 - 11): | ||
| Wit kortmouhemp | Wit hemp | ||
| Groen romp/rompbroekie | Olyfgroen langbroek of groen romp | ||
| Wit sokkies | Swart sykouse | ||
| Swart skoene (toeryg- of bandjietipe) | Swart skoene (toeryg- of bandjietipe) | ||
| Groen skooltrui | Groen skooltrui | ||
| Sweetpakbaadjie / Groen kleurbaadjie | Sweetpakbaadjie / Groen kleurbaadjie | ||
| Somer - Meisies Matriekdrag: | Winter - Meisies Matriekdrag: | ||
| Wit kortmoubloes | Wit hemp | ||
| Groen romp/rompbroekie | Donkergroen langbroek of groen romp | ||
| Wit sokkies Swart skoene (toeryg- of bandtjietipe) | Grys kouse by langbroek | ||
| Groen skooltrui | Sykouse (Blackmail) by romp | ||
| Sweetpakbaadjie | Groen skooltrui | ||
| Groen kleurbaadjie | Sweetpakbaadjie | ||
| Matriekbaadjie | Groen kleurbaadjie | ||
| Matriekbaadjie | |||
| Algemeen | ||||||
Indien hierdie kleredragreëls oortree word, is dit 'n oortreding van die skoolreëls. Leerders mag onder geen omstandighede rook, drank gebruik, ens. indien hy/sy is in skoolklere geklee is nie. Hierdie reël geld selfs indien 'n leerder by sy/haar ouers is. Leerders moet te alle tye netjies en ordentlik geklee wees, indien hy/sy skoolklere aanhet. Dit geld veral wanneer leerders in die dorp rondbeweeg, aangesien dit 'n bepaalde beeld uitstraal. Skooldrag moet ten volle gedra word. Geen ander klere mag saam met skooldrag gedra word nie. Wanneer 'n leerder in skooldrag geklee is, moet dit te alle tye netjies wees. Geen hemde wat uithang, afgesakte kouse, ens. sal geduld word nie. Sportdrag word duidelik omskryf en met leerders bespreek net voor die seisoen. Die leweransiers dra ook kennis van die toepaslike sportdrag. Daar bestaan drie amptelike leweransiers: |
||||||
| Leweransiers: | ||||||
| HAGELS | LA VARE MODES | ESTETICA | ||||
| Mnr Ghoor Tomstraat 11 Brits |
Me Sue Steyn Sielingsentrum H/v Pienaar- en Macleanstrate BRITS |
Tel: (012) 252 1810 | ||||
| Tel: (012) - 2520960 | Tel: (012) 2520239 | |||||
| Skoene | |
| Swart toerygtipe Geen uitspattighede of modegiere | |
| Geen diksoolskoen of stewels Seuns dra toerygtipe skoene | |
| Geen tekkies Meisies dra toeryg- of bandjietipe skoene |
| Das | |
| Skooldas: groen met skoolwapen | |
| Geleentheidsdas: Groen met skoolwapen en daaronder die span/groep se naam. Die jaartal kan onder die naam geplaas word. |
|
| 'n Das word gedra by wintersdrag, wanneer openbare optrede dit verwag, of wanneer 'n groep vooraf so afspreek. Wanneer 'n hemp tot bo toegeknoop word, moet 'n das gedra word |
| Matriekdrag | |
| Kan gedra word deur matrikulante op Vrydae, tydens bywoning van funksies, ander spesiale geleenthede of wanneer vooraf gereël en die hele groep daarvan kennis dra. |
|
| Kan ook deur ander leerders gedra word vir spesiale geleenthede, soos bv. kooroptredes, ens. wanneer dit deur die personeel so gereël word. Goedkeuring hiervoor moet vooraf by die Bestuur verkry word. |
| Groen Kleurbaadjie | |
| Gewone groen kleurbaadjie mag deur alle leerders gedra word; balkies word onder sakwapen vasgewerk. Erekleure baadjie erekleure-wapen op sak kan gedra word deur leerders wat erekleure verwerf het. | |
| Kleurbaadjie met goue koord word deur Dienskomitee, Koshuiskomitee en Dagbestuur van die VLR gedra. |
| Ander Drag | |
| Leerders wat Provinsiale kleure verwerf het, mag die uitstapdrag van daardie aktiwiteite op Vrydae dra. |
|
| Dit is ook aanvaarbaar dat die sweetpakbaadjie van die betrokke sport by die skoolklere gedra word op Vrydae, maar 'n provinsiale sweetpakbroek en tekkies is nie toelaatbaar nie. |