‘n Huis weg van die huis af…Dit is waarna Wagpos se Hierbegin Seunskoshuis en Uitkoms meisiekoshuis streef om vir die inowners te wees.

Dit is ‘n plek waar inwoners hulself kan uitleef, hegte vriendskappe bou en nog meer deel word van die skool se unieke gees.

Hierbgein Seunskoshuis huisves tot en met 230 seuns gemaklik in drie aparte koshuisgeboue, omhein in een koshuisgrond. Die koshuis se leuse “Skaaf en Groei” is presies wat die seuns uitleef. Skaaf aan jouself en aan mekaar om te groie en ontwikkel in ‘n verantwoordbare man wat ‘n bydrae kan lewer tot die gemeenskap. Onder leiding van die koshuisvader, Mnr André Smit, en ses diensdoen personeellede is Hierbegin Seunskoshuis ‘n baken vir elke inwoner.

Epos: hierbegin@wagposhs.co.za