DIE HOËRSKOOL WAGPOS
VOORLOPIGE OPNAME T.O.V. TEGNIESE STUDIERIGTING
Vanaf 2016 word die TEGNIESE STUDIERIGTING deur nuwe regulasies vanaf die Departement Van Onderwys, beheer. Dit behels in kort dat ‘n leerder wat die Tegniese Studierigting wil volg, ‘n volledige Tegniese Studierigtingpakket moet neem. Die pakket sal soos volg daar uitsien:
VERPLIGTE VAKKE
- AFRIKAANS HUISTAAL
- ENGELS (EAT)
- LEWENSORIËNTERING
- WISKUNDE of TEGNIESE WISKUNDE
- FISIESE WETENSKAP of TEGNIESE WETENSKAP
- INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP
Die Tegniese studierigting bied ‘n keuse van drie Tegniese vakke waarvan ‘n leerder slegs een mag kies. In elke vak is daar drie Spesialiseringsrigtings waarvan ‘n leerder een moet kies.
KEUSEVAKKE
VAK | SPESIALISERINGSRIGTING |
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE ELEKTRISIËNSWERK |
ELEKTRISIËNSWERK |
ELEKTRONIES | |
DIGITAAL | |
MEGANIESE TEGNOLOGIE |
PAS- EN DRAAIWERK |
MOTORWERKTUIGKUNDE | |
SWEIS- EN METAALWERK | |
SIVIELE TEGNOLOGIE |
SIVIELE DIENSTE |
HOUTWERK | |
KONSTRUKSIE |
Leerders buite die Tegniese studierigting sal slegs toegelaat word om IGO te neem uit die Tegniese groep vakke.
MEGANIESE TEGNOLOGIE
Meganies word op drie bene aangebied nl.
- PAS- EN DRAAIWERK
- MOTORWERKTUIGKUNDE
- SWEIS- EN METAALWERK
Met groot dank aan die leerder wat hier demonstreer hoe die Vertikale FREESmasjien werk. Hy het my bewus gemaak van die VEREISTES en VEILIGHEIDSMAATREËLS. Soos die dra van ’n veiligheidskerm, handskoene, oorpak ens.
Kyk Video