Algemeen

Wiskunde sal ‘n voorvereiste wees alvorens vakke soos Fisiese Wetenskappe; Siviele en Elektriese Tegnologie; Rekeningkunde en Inligtingstegnologie geneem kan word. Daar is nie meer iets soos Hoërgraad of Standaard graad nie.

Universiteitstoelating

Vakke wat met ‘n * gemerk is, kan aangebied word vir Universiteitstoelating. Om Universiteitstoelating te verkry, moet ‘n leerder 50% behaal in vier goedgekeurde vakke (*) wat die twee tale insluit.

Wildskamp bestuur

Die Hoërskool Wagpos onderskryf hier een van sy studierigtings naamlik Natuurbewaringstudies. Die Hoërskool Wagpos besef die noodsaaklikheid vir die skepping van 'n loopbaan vir elkeen van die leerders reeds al vanaf Graad 8. Sien asb Akademie - Wildskamp vir meer inligting.

Verpligte Komponent (Vier vakke)

Afrikaans Taal Vak * (Eerste taal/Huistaal)

Engels Taal Vak* (Eerste addisionele taal)

Wiskunde Geletterheid Leerders wat Wiskundige Geletterdheid as vak kies, sal egter net tot Graad 12 dit kan neem en sal nie tot verdere studie toegelaat word in Wiskundige en Natuurwetenskaplike vakrigtings nie. Wiskundige Geletterdheid soos die naam aandui, behels net sekere wiskundige onderwerpe wat die leerder ‘n basiese vlak van Wiskundige Geletterdheid sal gee wat die algemene landsburger sal nodig hê. Hier word die diepte van die vak verminder en die hoeveelheid werk intensiteit is minder as in Wiskunde. Onderwerpe wat hanteer sal word, sal meer toepaslike alledaagse berekeninge soos finansies, verhoudings, rente, statistiek, statistiese ontledings en datahantering en dies meer insluit. Hoe verskil die vakke? Om die vraag te antwoord, verwys na die volgende voorbeeld: Albei vakke sal die onderwerp Finansies in Graad 10 doen. Wiskundige Geletterdheid sal persoonlike finansies, persoonlike begrotings en lenings doen, terwyl in Wiskunde dit ook gedoen sal word, maar hulle sal weer moeiliker berekenings en toepassings soos inflasie, maatskappye se begrotings en meer in besonderhede die onderwerp doen.

Nuttige webbladsye wat OUERS EN LEERLINGE  kan besoek vir addisionele hulp:

A)   http://www.allin1maths.co.za/

B)   www.mathlitshop.com vir notas, oefeninge, ou eksamens, ens. Gr. R – Gr.12

C)   Solidariteit se skoolwiskunde. www.ekstrawiskunde.co.za

D)   Vir Gr 12 leerlinge , vorige jare se NCS eksamenvraestelle. http://www.education.gov.za/Curriculum/NationalSeniorCertificate(NSC)Examinations/NSCPastExaminationpapers.aspx

E)   Eksamenhulp reeks. www.examinationaid.co.za/

F)   Die Antwoord reeks . www.Bothmabooks.co.za/studygides

G)   Handige  Wiskunde stencils.  www.mathomat.com.au

Met die infasering van die NCS in 2006, het die vak Lewensoriëntering ‘n verpligte vak geword vir alle Graad 10 – 12 leerders.  Die vak Lewensoriëntering stel hom ten doel tot die ontwikkeling van meer verantwoordelike landsburgers en berus op vier belangrike beginsels, naamlik:  Vaardighede, Kennis, Houdings, Waardes.  Leerders moet verder vier belangrike leeruitkomste bereik: Persoonlike welstand, Burgerskapopvoeding, Ontspanning en Fisiese welstand asook Loopbaan- en loopbaankeuses.

Keuse Komponent(Leerder kies enige drie vakke uit enige groep)

Landboustudies

Landboubestuurspraktyk (Voorheen: Akkerbou en Veekunde) is ‘n studie van die verwantskappe tussen grond, plante en diere, asook ‘n studie van die produksie en prosessering van voedsel en ook ander landbou-aktiwiteite soos die ekonomiese, estetiese en kulturele waarde van alle natuurlike hulpbronne. Die landbouvakke naamlik Veekunde, Akkerbou en Toegepaste Landbouwetenskap gaan nou as een vak aangebied word. Die nuwe vak met al drie die ou vakke kry ‘n heel nuwe naam, naamlik LANDBOU BESTUURSPRAKTYK. Die rede vir die naam is omdat baie van die vak prakties is wat slegs by skole met ‘n boerdery aangebied kan word. Leerders sal dus self verantwoordelik wees vir sekere bestuurspraktyke op die plaas. Die vak bestaan uit die volgende: Bestuursvaardighede, Entrepreneursvaardighede, Plantproduksie, Diereproduksie. Waarde toevoeging tot landbou produkte. Die volgende produksielyne sal in die vak ingesluit word: Dier & Plant Produksie: Melkboerdery, Beesboerdery, Kleinvee, Wildsboerdery, Volstruisboerdery, Perdestudies, Kleingrane, Vrugte, Hout, Blomme, Groente. Hidroponika. Die vak is ontwerp om leerders goeie praktiese agtergrond te gee en ook om die teorie en praktyk saam te voeg. Dit sal ook leerders toerus met die nodige entrepreneursvaardighede en genoeg kennis verskaf vir verdere studies. Die verloop van die vak is as volg: In Graad 10 is die werk meer generies van aard. Leerareas word as algemeen aangebied, dit wil sê die werk is van toepassing in enige gebied. In Graad 11 word die verskillende produksierigtings behandel. Vier produksierigtings word aangebied, wat ‘n kombinasie van diere- en plantproduksierigtings is. In Graad 12 lê die klem op waardetoevoeging in die produksierigtings wat in Graad 11 behandel is.

Landboukundige Tegnologie (Voorheen: Plaaswerktuigkunde) gaan meer in pas wees met nuwe ontwikkelings op landbou gebiede en gaan meer toegespits wees op vaardighede, kennis, prosesse en norme en waardes geassosieer met Landbou. Landbou Tegnologie is gebaseer op die verstaan van prosesse, kennis van implemente en strukture wat deur mense, diere, plante en produkte gebruik word en dan sodoende betrokke te wees by die bewaring van die omgewing en die opheffing van die kwaliteit van produkte, gewasse en ekonomiese waardes. Leerders gaan voorberei word om deel te wees van: Ekonomiese besluitneming en vooruitgang, Identifisering en oplos van probleme wat in landbou ervaar kan word. Om effektief te kan kommunikeer en landbou bedryf. Om effektiewe bestuur te kan toepas. Om nuwe tegnologie te kan gebruik om landbou bedryf meer produktief te maak. Om entrepreneurskap in die nuwe landbou bedryf te kan benut. Leerders sal ook kennis maak met verskeie beroepsmoontlikhede deur: Toepassing van kennis en vaardighede. Ontwikkeling van entrepreneursvaardighede, Opvoedingsgeleenthede te benut. Te leer hoe om eie regte en verantwoordelikhede soos van toepassing in landbou korrek te hanteer. Landbou Tegnologie gee aan leerders die geleentheid om tegnologiese ontwikkeling toe te pas deur identifisering, ondersoek, ontwerp, evaluasie en kommunikasie deur die vaardighede aangeleer in praktiese projekte, onderhoud en diens van toerusting, ontwerp en bou van strukture sodat die volle spektrum van landbou tot sy reg kan kom. Landbou Tegnologie gee ‘n goeie agtergrond vir die volgende beroepe: Landbou Ingenieurswese, Akademiese navorsing in die landbou veld, Landbou Ingenieurswese, Natuurbestuur, Landbou ontwikkeling.

Die vak ontwikkel kennis, vaardighede, verwantskappe en waardesisteme benodig in die verbouing, prosessering van voedsel en vesel, en die versorging van diere en plante. Bestuursaspekte word ontwikkel wat nodig is vir volhoubare Landboukunde. Landbouwetenskap bestaan uit: 1. Grondkunde: Komponent van grond, Vorming van grond, Eienskappe van verskillende gronde, Organiese, chemiese en kolloïdale eienskappe, Klassifikasie en Grond mikrobiologie. 2. Plantkunde: Voeding, Reproduksie – vegatatief en generatief. Teelprogramme, Plantbeskerming, Klassifikasie en indeling. 3. Veekunde: Voeding, Reproduksie, Teelprogramme, Dierebeskerming, Klassifikasie en indeling. 4. Landbou-Ekonomie 5. Basiese Chemie 6. Basiese Biologiese Konsepte 7. Volhoubare Natuurlike Hulpbron Benutting 8. Bestuur van die Natuurlike Omgewing. Landbouwetenskap vorm deel van die lys van goedgekeurde vakke vir verdere studie aan tersiêre inrigtings soos universiteite.

Vervaardiging, Ingenieurswese en Tegnologie

Ingenieurs Grafika en Ontwerp (Voorheen: Tegniese Tekene). Addisionele byvoegings soos CAD (Turbo Cad) moet vir 48 periodes per jaar op rekenaars gedoen word. Daar is reeds begroot deur die Onderwysdepartement vir 20 rekenaars, wat net aangewend word vir hierdie opleiding. Die Hoërskool Wagpos is 1 uit 300 skole wat geoogmerk is vir die rekenaars om opleiding te doen. Die volgende onderwerpe is ook vanaf 2006 by Ingenieursgrafika en -Ontwerp gevoeg, naamlik: Boutekene (Soorte fondasies en tipes mure), Siviel Tekene (Bekisting van trappe, deure en vensterrame), Elektriese Tekene (Bedradingsdiagramme en huisbedradings), Motor Ingenieurstekene (Ontwerp van suiers, nokasse, ens). Bogenoemde is slegs enkele voorbeelde van die nuwe werk wat in die sillabus opgeneem is. Ingenieursgrafika en –Ontwerp gaan dus ‘n baie gespesialiseerde vak word.

Die studie inhoud dek die volgende: Veiligheidsmaatreëls met betrekking tot die werklokaal. Materiale wat gebruik word in die boubedryf. Die gebruik en versorging van handgereedskap. Betonkonstruksie, Houtwerk, Dienste en installasies, Hoeveelheidsberekeninge enToegepaste Meganika. Om vir die leerder toe te rus in ‘n loopbaan van: Argitektuur, Konstruksiebestuur, Siviele Ingenieur, Loodgieter. Daar is ook ‘n sentrum waar die leerder ‘n model maak van hout. Daar word hy/sy geleer om masjiene en gereedskap veilig te kan gebruik.

Elektriese Tegnologie (Voorheen: Technika Elektries, Elektriesiënswerk) Elektriese Tegnologie fokus op die verstaan en toepassing van elektriese en elektroniese beginsel, die vervaardigingsproses, asook die diensleweringsproses. Tegnologie Elektries / Elektronies Die Graad 10 jaar van die vak staan bekend as Elektriese Tegnologie. Die vak word van 2006 as geïnikorporeer. Die leerder kry in die jaar die geleentheid om ‘n dieper en meer gespesialiseerde perspektief te kry oor die vakke Elektrisiënswerk en Technika Elektries wat ‘n nuwe eenheid vorm van die vak Elektriese Tegnologie. In die vak word daar baie streng klem gelê op die assessering van die kind as individu, om die leerder se kennis, vaardighede en waardes te akkommodeer en dit te toets. Leerders wat belangstel in Elektriese Tegnologie, moet reeds in Graad 8 en 9 ‘n goeie gemiddelde punt in Wiskunde en Wetenskap behaal. Elektriese Tegnologie word slegs op HG aangebied en moet leerders 65% vir Wiskundige Geletterdheid kry aan die einde van Graad 9 om die vak te mag neem. Die vak strek vanaf basiese elektriese beginsels tot ingewikkelde rekenaarbeginsels. Die vak konsentreer op die volgende uitkomstes: Reëls en beginsels van elektrisiteit. Die bou en konstruksie van Elektriese stroombane. Die bou van stroombane van gegewe diagramme en die simulasie van stroombane op elektroniese stroombaanborde. Foutopsporing van komponente in stroombane. Elektriese Tekene. Al hierdie werk word sover moontlik met die nodige apparaat getoets. Werkskedules behels: Meetinstrumente. Beginsels van elektrisiteit.Kragbronne. Veiligheidsmeganismes. Elektroniese kommunikasie. Enkel en Driefase kringe. Magnetisme. Elektrostatika. Rekenaarlogika. Elektriese Tekene. Van 2007 af gaan die Graad 11 werksverdeling verander en die vak gaan slegs op een vlak (HG) aangebied word. Die nuwe Graad 12 werksverdeling sal van 2008 af in werking wees en ook slegs op een vlak (HG) aangebied word. Technika Elektries (HG) Die vak (Wetenskap) behels ‘n wye verskeidenheid leerareas wat daarop gemik is om die leerder wat in ‘n ligte stroomrigting wil spesialiseer, te ondersteun. Praktiese projekte word so gekies dat dit ‘n toepassing is van die teorie wat behandel is. Neem kennis dat Wiskunde en Wetenskap ‘n baie belangrike voorvereiste is. Elektrisiënswerk (SG) Hierdie vak (Wetenskap) poog om leerders te onderrig in elektriese vakteorie. Daar word egter ‘n groter klem gelê op handvaardigheid en die toepassing van sekere praktiese vaardighede. Leerders wat belangstel om ‘n elektrisiënswerkrigting te kies as ‘n loopbaan, sal by die vak baat vind. Let egter daarop dat die vak ‘n sekere mate van Wiskundige, asook Wetenskaplike vaardighede vereis. Graad 11 (Werkskedule) Meetinstrumente en gereedskap. R.L.C. kringe. Versterkers. Kragbronne. Enkelfase beheerstroombane. Enkelfase motors. Elektroniese kommunikasie. Wisselstroom Generators. Halfgeleiers. Transformators. Rekenaarlogika. Veiligheidsmeganismes. Huishoudelike kringe. Graad 12 (Werkskedule) Gereedskap. R.L.C. kringe (serie en parallel). Driefase transformators. Beheerbane van kontrole stelsels. Toetse op driefase motors. Logikabane en konstruksie van logikabane. Driefase wisselstroom, beginsels en toepassings. Versterkers. Driefase motors. BEROEPSMOONTLIKHEDE Technika Elektries: Elektro-mediese Tegnikus. Elektroniese Ingenieur. Elektriese Ingenieur. Elektroniese Tegnikus. Elektroniese Tegnoloog. Telkom Tegnici (Vodacom, MTN, Cell C). Avlon Elektroniese Tegnikus: Radio / radar. Instrumentmonteur. Vliegelektrisiën. Elektrisiënswerk: Elektromeganikus (Millwright). Elektro-mediese Tegnikus. Elektrisiën. Auto Elektrisiën. Elektriese Ingenieur. Telkom Tegnici. Avlon Elektroniese Tegnikus (Vliegtuie).

Meganiese Tegnologie (Voorheen: Motorwerktuigkunde) Motorwerktuigkunde, Pas en Draai, Sweis en Metaal is gekombineer as een vak, naamlik Meganiese Tegnologie. Meganiese Tegnologie sal bestaan uit ‘n teorie en ‘n praktiese komponent. Die volgende sal generiese komponente van Meganiese Tegnologie wees: Veiligheid en noodhulp. Kommunikasie en kliëntediens. Rekenaar en elektroniese integrasie. Materiale en gebruike. Meetinstrumente. Eksperimentering. Gereedskap. Instandhouding. Vervaardiging en produksie. Wiskundige en Wetenskaplike verwantskap. Leerders sal die volgende geleenthede gegee word: Praktiese projekte. Oplos van meganiese probleme. Leer om handvaardig te wees met gereedskap. Die volgende professionele beroepe kan gevolg word: Meganiese Ingenieur. Ontwerper. Projekbestuurder. Metalurgiese Ingenieur. Professionele onderwys en opleiding. ‘n Leerder sal ook die volgende ambagte kan volg: Motorwerktuigkunde. Passer en Draaier. Sweisers. Ketelmaker. Vliegtuigtegnikus.

Fisiese, Wiskundige, Rekenaar- en Lewensstudies

Rekenaargebruikstegnologie (voorheen Rekenaartik) is 'n nuwe vak en rus leerders toe met kennis, vaardighede, waardes en gesindhede om inligting te ontwerp te skep en te kommunikeer in verskillende elektroniese formate. Dit stel leerders ook in staat om inligting te versamel, te analiseer, te redigeer en dit dan te manupileer, te prosesseer en aan te bied aan die verskillende sektore van die samelewing. Die leerder moet: kortliks die basiese werking en terminologie van relevante rekenaar hardeware en sagteware en die die doelwitte van genetwerkte omgewings kan beskryf. toevoer en afvoer apparate kan installeer, konfigureer en gebruik, die konsep van lêerorganisasie in multi-vlak gidse kan beskryf. Wetlike, etiese en sekuriteits sake verwant aan inligtingstegnologie kan identifiseer. Sekere basiese sake rondom die impak van inligtings- en kommunikasie tegnologieë op die plaaslike omgewing en gemeenskap bedryf. 'n woordverwerkings- en 'n sigblad program kan gebruik deur data (teks en numeries) in te sleutel, redigeer en formateer. (Huidiglik word die MS Office 2003 pakket gebruik.) In staat wees om die basiese intergrasie tegnieke te kan gebruik met ’n bepaalde pakket. Geskrewe uitleg- en redigeerinstruksies om akkurate afvoer te lewer. Akkuraat en vaardig wees met die invoer van data. (sleutelbord vaardighede). Begrip hê van kommunikasie-modusse en apparate. Tegnologieë gebruik om spesifieke data op te spoor en te versamel. (internet)inligting verkry, aanbied en stoor in geskikte elektroniese formate. Probleemoplossingsvaardighede toe te pas deur die gebruik van kritiese en kreatiewe denke. Kennis en vaardighede moet ontwikkel sodat 'n leerder die vermoë het om met verskillende rekenaartoepassings te werk (woordverwerkingsprogramme, sigblaaie en databasisse). Leerders moet rekenaarprogramme op 'n etiese en verantwoordelike wyse toe te pas.

Inligtingstegnologie sal leerders in staat stel om die beginsels van rekenaar te verstaan deur die gebruik van programmeertaal, hardeware en sagteware, asook hoe dit van toepassing is om hul daaglikse lewe op die arbeidswêreld en op hul gemeenskappe. Fokusareas wat ingesluit word in Inligtingstegnologie: Algoritme-ontwerpe. Rekenaarhardeware en toestelle. Loopbane. Datastrukture en –tipes. Databasisontwikkeling. Elektroniese kommunikasie. Toekomstige neigings. Interaksie tussen mens en rekenaar. Bestuur van informasie. Beginsels van netwerke. Sagteware ontwikkeling. Probleemformulering en –oplossing (projekte). Programmering. Sosiale, ekonomiese en etiese vraagstukke. Sigblaaie. Sisteemsagteware. Webbladontwerp.

Lewenswetenskappe (Voorheen: Biologie) Die vak Lewenswetenskappe behels die sistematiese bestudering van lewe in die natuur en in mensgemaakte omgewings. Die studie fokus op die begrip van die basiese lewensprosesse en die interverwantskap en interafhanklikheid van komponente van die lewende en die fisiese wêreld. Wetenskaplike navorsing, probleemoplossing, kritiese denke en die aanwending van kennis is essensiële vaardighede in die bestudering van Lewenswetenskappe. Deur die begrip van verhoudings tussen Lewenswetenskappe, tegnologie, omgewing en samelewing, ontwikkel leerders die ingesteldhede en waardes wat bydra tot hul ontwikkeling as verantwoordelike landsburgers. Die vak Lewenswetenskappe ontleen inligting uit dissiplines soos Plantkunde, Dierkunde, Genetika en Fisiologie. Onderwerpe wat bestudeer gaan word in Graad 10, sluit in: Selle en weefsels (Struktuur, Seldeling, Weefseltipes en siektes soos Kanker. Lewensprosesse (Energievrystelling, Opbou van voedsel, siektes). Omgewingstudies (Biosfeer, Ekosisteem, Hulpbronne). Biodiversiteit (Plante, Diere, Bewaring, Siektes soos Bilharzia).

Fisiese Wetenskap (Voorheen: Natuur- en Skeikunde) Toelatingsvereistes - Weens die moeilikheidsgraad, en wat van leerders verwag word kan ’n leerder ongelukkig nie FISIESE WETENSKAP neem as hy/sy nie gewone Wiskunde (Wiskunde Geletterdheid is nie voldoende nie) neem nie. Hiervoor vereis ons 50% in Graad 9 vir Wiskunde. Volgende onderwerpe sal behandel word: 1. MEGANIKA (tyd 16 uur) - Dit sal behels vektore, verplasing, afstand, spoed, snelheid, versnelling en grafieke. 2. GOLWE KLANK EN LIG (tyd 16 uur) - Transversale en longitudinale golwe. Breking, weerkaatsing en interferensie van golwe en lig. Die kleur van lig sal ook bestudeer word. 3. ELEKTRISITEIT (tyd 16 uur) - Kennismaking met hoeveelhede soos stroomspanning, potensiaalverskil, elektrostatika, magnetisme en stroombane. 4. MATERIE (tyd 32 uur) - Geskiedenis van die atoom, molekules, die vorming van verbindings en gebruik van die Periodieke tabel word hier behandel. 5. CHEMIESE VERANDERING (tyd 24 uur) - Eenvoudige chemiese reaksies en toepassing. 6. CHEMIESE SISTEME (tyd 24 uur) - Watersiklus, Stikstofkringloop en Hidrosfeer. Toepassing in die leefwêreld word deurgaans geïnkorporeer in die werk. Waardes en houding teenoor die natuur word deurgetrek na die onderwerpe in die sillabus. Assessering sal op deurlopende basis geskied. Praktiese werk sal met rubriek geassesseer word. Dieselfde onderwerpe word ook in Graad 11 en 12 behandel met ’n effense klemverskuiwing en meer in diepte. Wagpos neem ook elke jaar aan ESKOM se Expo vir jong Wetenskaplikes deel, waar leerders die geleentheid kry om met ander leerders in die omgewing en selfs in die land te kompeteer. Ons leerders vaar uitstekend en het al op Nasionale vlak deelgeneem en medaljes gewen.

Dienste

Die studie inhoud dek die volgende: Teoretiese en praktiese aspekte van voedsel- en drankbereiding en bediening. Veiligheid, higiëne en omgewingsbewustheid in die voedselbedryf. Begrip en kennis van die verskillende sektore van die gasvryheidsindustrie. Kliëntediens. Die doel hiervan is om leerders toe te rus met vaardighede, kennis en waardes verwant aan die realiteit van die wêreld buite die klas. Dit sal ook die lewensgehalte van leerders verbeter deur hulle kennismaking met klein, medium en groot ondernemings wat gemeenskap gerig is. Leerders sal: vaardig en kreatief word in basiese voedselbereiding en –bediening; basiese vaardighede rakende entrepreneurskap en probleemoplossing bemeester; bewus wees van kulturele diversiteit en dit kan akkommodeer; die estetiese waarde van voedsel en drank verstaan; die tegnologiese hulpmiddele met vaardigheid en verantwoordelikheid gebruik; die belangrikheid van dienskwaliteit, spanwerk, onafhanklikheid en selfdissipline besef.

Die studie-inhoud dek die volgende: Redes waarom mense reis. Hoe om toeriste se behoeftes en verwagtinge te bevredig. Toerisme te sien in die breë algemene konteks van interaksie met die ekonomiese en ander sektore. Die rol wat Suid-Afrika speel in Internasionale toerisme. Toerisme en geografiese faktore. Die waarde wat toerisme vir ‘n land inhou.. Die volhoubare ontwikkeling en bewaring van toerisme, ekotoerisme en attraksies. Die verantwoordelikheid van die gemeenskap ten opsigte van toerisme. Respek vir “Eenheid in Verskeidenheid”. Die doel hiervan is om leerders toe te rus vir die arbeidsmark en entrepreneurskap. Toerisme wil by leerders ‘n verantwoordelikheid skep teenoor benutting, ontwikkeling en instandhouding van die mooi land waarin ons woon. Leerders sal: vaardighede aanleer en kennis en waardes ontwikkel vir effektiewe kommunikasie; kennis maak met die arbeidsmark; wetenskap en tegnologie effektief kan aanwend; kan saamwerk in ‘n span, groep of organisasie; hulle self met verantwoordelikheid kan handhaaf en effektiewe diens kan lewer; toerismetekortkominge kan identifiseer en aanbevelings maak om dit reg te stel; toerisme data kan versamel, analiseer, organiseer en krities evalueer.

Besigheid-, Handel- en Bestuurstudies

Volgens die Nasionale Kurrikulum vir 2006 sal die leerders baie baat vind by die nuwe benadering, naamlik: Selfontdekking van leerproses. Kan ‘n beter landsburger wees deur eie finansiële sake te behartig. Opleiding reeds vir eie sake en latere studie. Ontwikkel entrepreneursaktiwiteite en skep werksgeleenthede. Die leerplan vorm ‘n eenheid vanaf Graad 10 tot Graad 12. Rekeningkunde moet dus geneem word oor ‘n tydperk van drie jaar, om alles te bemeester. Die leerplan van Graad 10 word in drie hoofafdelings ingedeel: Afdeling i - (60% van werk) Wat is rekeningkunde?. Die rekeningkundige vergelyking. Hulpboeke met die nodige dokumente, Algemene grootboek, Finale rekeninge van ‘n eenmansaak, Wat is belasting en watter invloed het dit op die besigheid. Afdeling ii - (20% van werk) Onderskei tussen finansiële inligting en bestuursinligting, Invloede en berekening van koste van verkope, Basiese kosteberekeninge. Afdeling iii - (20% van werk) Praktiese afdeling – reël onderhoude met boekhouers en eienaars van eenmansake. Verskillende salarisjoernale, Watter aftrekkings kom voor plus voordele, Begrippe van verskillende kodes op salarisstrokies, Doel en voordele van interne kontrole by besighede.

Epos Besonderhede:

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene Kontak:

Sel: 071 657 2733
Sel: 071 657 2739
Sel: 071 659 6493
Faks: 086 608 2556
Faks: 086 519 3921
Nood nommer: 078 934 1774
 

Kantoor & Skoolure

Kantoorure:

Maandag - Donderdag:  07H30 – 16H00

Vrydag:  07H30 – 13H00

Skooltye:

Maandag - Donderdag:  07H10 – 13H40

Vrydag:  07H10 – 13H00

Koshuis Kontak:

Uitkoms

Elsie Muller 

 

Hierbegin

Maggie Swart 

0716572733 uitbreiding 232