Swede – Uitruilprojek
Die Sweedse-uitruilprojek het in 2012 afgeskop toe twaalf leerders saam met drie onderwysers ‘n Sweedse skool, Munkagärd Gymnasiet, besoek het. Twaalf leerders van Swede het in dieselfde jaar ons skool besoek. Die projek het verder uitgebrei en in 2014 het ses van ons leerders saam met ses van Tsogo Hoërskool se leerders weer ‘n geleentheid gehad om deel te wees van die uitruilprojek. Die projek was albei kere so ‘n groot sukses dat ‘n ander skool in Swede ons ook genader het vir ‘n moontlike projek in 2016/2017.
Onderwerpe wat bespreek en aangeraak is tydens die projek:
- Verskil en ooreenkomste tussen kulture
- Volhoubare gebruik van hulpbronne
- Armoede en ander sosiale kwessies
- Interaksie en kommunikasie tussen verskillende kulture
- Werksgeleenthede en loopbaanmoontlikhede
- Herwinning
- Kwessies wat jongmense regoor die wêreld raak
Leerders het ook by albei geleenthede aan ‘n projek gewerk om ‘n besigheidsplan te ontwikkel vir ‘n nuwe besigheid wat tot voordeel is vir die skool en die gemeenskap. Die leerders is in groepe verdeel, ‘n oop area op die skoolterrein is aan hulle toegewys en hulle moes met ‘n aksieplan vorendag kom om die area in ‘n besigheid te omskep met net die hulpbronne wat daar beskikbaar is.
Tydens die besoek aan Swede het leerders ook die geleentheid gekry om die land te verken, families te besoek en deel te wees van die Sweedse kultuur. Die leerders het ook die geleentheid gehad om met die Swede se besoek meer te leer van ons eie land terwyl hulle op die ekskursies was.
Dit is regtig ‘n voorreg om deel te wees van die projek.
Die leerders se lewensuitkyk is verander, horisonne verbreed en kennis is uitgebrei op soveel verskillende terreine. Ons sien uit na die volgende projek.