Ons eie wildskamp met fasiliteite!
Die Hoërskool Wagpos se eie wildskamp van 120 hektar verleen nie net ondersteuning aan die aspirant Wildbewaarders nie, maar dien ook as basis vir die leerders se projekte in Wildsplaasbestuur.
Kampeerders van Jeugbewegings, en Spanbou kampe word gasvry in die hartjie van die bosveld deur die aspirant Wildbewaarders ontvang. Omring met die plaaslike wild en voëllewe gee Die Hoërskool Wagpos ook vir elke kampeerder die geleentheid om die Skepping van onse eie besonderse omgewing te ervaar.