
| Inligting | |
| Met die interne redenaars kompetisie agter die blad, is dit weer eens baie duidelik: ons jonges kan bek rek. In die junior afdeling is onderwerpe soos Tienerkommunikasie, Trots en Erkenning onder die loep geneem. Seniors het oor Sisteme, Kompromie en Wasem geargumenteer, asook die waarde van Sport en Ons groen erfenis. Bekwame beoordelaars soos dr. Nick van der Walt, Mev Elsje van Jaarsveld, Mev. Hermien Classe en Mnr Hannes Pieterse het hul goed van hul taak gekwyt. Vier en dertig leerds het deelgeneem. In die junior Afdeling is Michelle de Koker as algehele wenner aangewys. In die senior afdeling is Tricia-Leigh Bayman aangewys as die beste senior redenaar. |
|
| As eertydse wenners van die Gr 12- spankompetisie van die Pretoria Spraak en Dramakollege, het Wagpos reeds bewys dat ons in dieselfde liga as Pretoria se grootkanonne kan stem dik maak! Ons redenaars presteer baie goed en geniet dit terdeë om aan hierdie aktiwiteit deel te neem. Ons leerders neem jaarliks deel aan die Redenaarsfees in Pretoria. Hul geniet veral die spantoesprake en neem in al die afdelings deel. Een van ons leerders, Catherine Liebenberg, het al die medaljes in die Engelse beste spreker afdeling – 'n prestasie vir 'n Afrikaanse leerder in 'n Afrikaanse skool.
Daar neem sewe leerders ook deel aan die jaarlikes ATKV-Redenaarskompetisie. Soos in die verlede, het een van ons leerders, Tricia-Leigh Bayman, ook vanjaar aan die FINAAL in Hartenbos gaan deelneem. Ons interne redenaarsaande word vir juniors en seniors gereël en vind reeds vroeg in die jaar plaas. Hier kry alle belangstellende redenaars kans om bek te rek. Met sertifikate, balkies, erekleure en trofeës as vergoeding spoor ons talentvolle leerders aan om deel te neem. Ons behaal baie sukses en belangstelling groei jaarliks. |
|
| Fotos: (Click op die foto vir n vergroting) | |||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
| Copyright © 2012 Hoërskool Wagpos. All rights reserved. | |
| Redenaars Tye: | |
|
|
| Kontak Persoon: | |
|
|