
| Wagpos Boerefees 2011 | ||||
|
Baie dankie aan almal wat van die Boerefees n groot sukses gemaak het! Om die fotos te sien kan julle hier "click" |
|||
| Wagpos Legendes word vereer | ||||
‘n Pragtige geleentheid het verlede Donderdag tydens saalopening by Die Hoërskool Wagpos plaasgevind toe die nuutgestigte Lantie en Wagpos Alumni vier van die skool se oud-leerling as legendes vereer het nl.
Bieps de Jager (082 3551 1343) kan deur oud-Lanties en –Wagposters gekontak word vir verdere inligting as hulle graag by die Alumni wil aansluit. |
||||
| (Click op die foto vir n vergroting) | ||||
![]() |
||||
| Die Hoërskool Wagpos se nuwe Hoofingang | ||||
| Die geweldige toename in misdaad het genoodsaak dat Wagpos sy skool en koshuisterrein met ‘n geëlektrifiseerde heining van 4 km lank beveilig het.
Behalwe dat alle Wagposters nou baie meer veilig voel, is ‘n bykomend voordeel dat die omheining veilige toegangsbeheer baie vergemaklik het. ‘n Pragtige nuwe toegangshek is ‘n verdere pluspunt. Die nuutste toevoeging dra geweldig by tot die estetiese van die omgewing Die hek is ontwerp deur Me Marco Zietsman en is op Vrydag, 24 Julie deur Wagpos personeel en beheerliggaam ingewy. ‘n Groot dank aan die Beheerliggaam wat waardevolle insette gelewer het en saam gebou het om die projek te voltooi. Die hek is amptelik geopen deur Mnr. Jos de Beer, voorsitter van die Beheerliggaam en Me. Marco Zietsman, argitek van die hek. |
||||
| (Click op die foto vir n vergroting) | ||||
![]() |
![]() |
|||
| Hoof verjaar | ||||
| Mnr. Daan Neethling, hoof van die hoërskool Wagpos word gelukgewens met sy verjaarsdag op 13 Maart. Mnr. Ben Marx, voorsitter van die Hoërskool Wagpos Pesoneel komitee oorhandig ‘n geskenk aan die hoof. Op die besondere dag word die DJ Neethling Galery in die skoolsaal ook onthul. Die skoolsaal is 63 jaar gelede gebou en het as gevolg van die fenomenale groei wat die skool beleef, heeltemal te klein geword om al die leerders te huisves. Mnr. Neethling het die inisiatief geneem om die saal te laat uitbou sodat al 730 leerders sitplek het. Hierdie is maar een van die vele verbeteringe wat die afgelope jaar by die skool aangebring is. ‘n Veiligheidsheining en sekuriteit is ook opgerig wat tot groot voordeel van alle Wagposters strek. |
||||
| (Click op die foto vir n vergroting) | ||||
![]() |
||||
| Wagpos se nuwe Balkon | ||||
| (Click op die foto vir n vergroting) | ||||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
| Copyright © 2012 Hoërskool Wagpos. All rights reserved. | |