
| Interhuis | |
Wagpos se interhuis-atletiekbyeenkoms was verlede Dinsdag nie net gesonde mededinging nie, maar ook groot prêt vir die leerlinge. Sang het weer op die pawiljoen herleef terwyd die atlete mekaar op die baan die stryd aangesê het. Die verskillende ouderdomsgroepe het op grond van gedrag, deelname en prestasie teen mekaar meegeding. Die 0/19’s wat tradisioneel so traag soos pensionarisse is om voluit te hardloop, het vriend en vyand verras en die 0/14’s net-net getroef om as wenspan gekroon te word. ‘n Besoek aan die Kollonade is die ywerige seniors se beloning. |
|
| Copyright © 2012 Hoërskool Wagpos. All rights reserved. | |
| Prestasies was as volg: | ||
Junior Victrix Ludorum |
Hanri du Preez | |
Senior Victrix Ludorum |
Minette Joubert | |
Junior Victor Ludorum |
Michael-Gene Bezuidenhout | |
Senior Victor Ludoru |
Christiaan Diedericks | |