HEINRICH DU PREEZ :
MARIAAN BADENHORST :
ANDRé SMIT :
MARLIZE DE BEER :
TRICIA-LEIGH BAYMAN :
CHARISMA ADLEM :
ABRIE CRONJé :
NALINSA POTGIETER :
CHRIS TOERIEN :
MARIAAN BADENHORST :
SEUNS (VOORSITTER)
MEISIES (VOORSITTER)
ONDER-VOORSITTER
ONDER-VOORSITTER
KULTUUR
SOSIAAL
SPORT
SPORT
HIERBEGIN KOSHUIS
UITKOMS KOSHUIS
Aangesien leierskapontwikkeling vir Wagpos baie belangrik is, is 36 leerders van die Diens- en Koshuiskomitee na Upendi Adventure Centre geneem, waar hulle onder die bekwame hande van Emslie Wilmot en sy span fasiliteerders, drie dae deurgebring het.
Spanbou-aktiwiteite het onder andere ingesluit modderspeletjies, roei in die rivier, fufi slide en die bou van ‘n nessie wat sterk genoeg is om ‘n rou hoendereier wat van ‘n hoogte gegooi word, te vang. Die leerders moet uit tronk Alcatraz ontsnap en baie is sommer terselfdetyd van hul vrees vir die donker en nou gangetjies genees. Tydens operasie Telefoon het hulle gesien hoe maklik daar ‘n “kommunikasiegaping” tussen die groepe kan ontstaan.
Saterdagaand het die ouers by die leerders aangesluit en daar is heerlik om braaivleis vure gekuier. Die ouers is vermaak deur ‘n skreeusnaakse kampvuurkonsert. Geestelik verryk en saamgesnoer in ‘n hegte eenheid, het die leiers teruggekeer van Idwala. Baie het gesê dat die kamp hul lewe verander het en dat hul dit nooit sal vergeet nie.