
| Hoogte Punte | |||||||||||||||||||||||||||||||
| Vrydag 6 Mei 2011. Wat ‘n heerlike sportdag. Rugby, netbal en hokkie is gespeel. Die wedywering is “tense”, almal is opgewonde want ons skool moet wen. Harties het die bo-toon gevoer in die netbal maar ons O/17A span het die bordjies verhang deur hul wedstryd te wen. Baie geluk aan die Harties dogters wat die netbal trofee gewen het. |
|||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||
| Tans is daar, met die positiewe insette deur entoesiastiese afrigters, besig om ‘n oplewing in Wagpos netbal plaas te vind. Alhoewel die speelveld teen die Britsies en Harties effe ongelyk is weens getalle-oorwig, laat die Wagposspelers hul deeglik op die netbalbane geld. Die 1e span wat hoofsaaklik uit gr11’s bestaan het hul wedstryd naelskraap met 15-19 verloor. Met die sluimerende talent, wat ook by die juniors en veral die o/16’s te bespeur is, word daar uitgesien na ‘n gloriejaar in 2011. |
|||||||||||||||||||||||||||||||
| Met trots kondig ons die eerste netbalspan van Die Hoërskool Wagpos aan. Die babas het hul bekendstelling met oorgawe geniet. | |||||||||||||||||||||||||||||||
| Puik netbal is deur ons dogters opgedis, en hulle reken af met veskeie spanne in Tswane. Verskeie van ons dogters dring ook deur na die finale Noord-Wes proeve. | |||||||||||||||||||||||||||||||
| Copyright © 2012 Hoërskool Wagpos. All rights reserved. | |
| Oefen tye: | |
|
|
| Kontak Persoon: | |
|
|