Johan Oberholzer van Die Hoërskool Wagpos is hierdie jaar verkies tot die Luiperd o/19 span.
Johan reageer op die gelukwensing dat “sonder my spanmaats wat as ‘n span my laat uitblink het op die proewe en die Here aan my kant sou ek nooit die prestasie behaal het nie”.
Baie geluk aan Johan.
Vrydag 6 Mei 2011. Wat ‘n heerlike sportdag. Rugby, netbal en hokkie is gespeel. Die wedywering is “tense”, almal is opgewonde want ons skool moet wen.
Die rugby was kliphard en daar was geen genade betoon. Met die afskop van die 1ste spanne was sake redelik gelykop, en om die rugby trofee te verower moes Wagpos die wedstryd wen. Nodeloos om te sê dit was kliphard, en met die blaas van die eindfluitjie het Wagpos die beker omhoog gehou. Baie geluk.
Baie dankie vir ‘n wonderlike dag. Aan Harties en die borge wil ons net sê baie dankie.
WAGPOS
HARTIES
O/14A
26
20
O/15A
11
13
O/16A
0
15
O/16B
10
12
3E
27
0
2E
13
12
1E
17
8
Ons speel ons wedstryde in Bloubulland (medium Skole). 4 Van ons eerste rugbyspan se spelers word ook gekies om hul provinsie te verteenwoordig op die nasionale AVS week. Gelukwensing aan Christiaan van Gerike, Terrance Hearne, Hannes Potgieter en Louis Potter. Baie geluk ook aan Mnr J.R Smith, een va ons skool se eerste rugbyspan afrigters. Hy is verkies om die rol van spanbestuurder vir die SA Span te vertolk op die internationale AVS week.