
| Rugby-Akademie |
|
| Wagpos is besig om 'n volledige rugby-akademie te begin. Die einddoel van die akademie is om rugby by die skool te bevorder en om die vaardighede van die spelers optimaal te ontwikkel. Die hele idee word gerugsteun deur die Tks Rugbyinsituut. | |
| Persone van Tuks af wat gaan deel wees van die skool se rugby-akademie, is Wynand Claasen, Joost van der Westhuizen en Gert van Coller. Ons glo dat al die rolspelers by die skool(spelers sowel as afrigers), baie baat gaan vind by dié projek. Die leerders wat gaan deel wees van die akademie, gaan intensiewe oefenprogramme volg, op en van die veld. Dit gaan gimnasiumwerk en kondisioneringsprogramme insluit. Tuks Rugby gaan betrokke wees by ald die oefenprogramme en fasette van die akademie. Wagpos bedank Tuks vir die wonderlike geleentheid wat by die skool geskep word om rugby te bevorder. |
|
| Copyright © 2012 Hoërskool Wagpos. All rights reserved. | |
| Fotos: | |||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |