
| Hoogte Punte | ||
| Michelle Yssel is ‘n graad 10 leerling aan Die Hoërskool Wagpos. Tydens die afgelope liga skyfskiet byeenkoms vir Noord-Gauteng skole het sy haar goeie reputasie gestand gedoen en ‘n uitmuntende telling van 500 uit ‘n moontlike 600 losgeskiet. Hiermee het sy lid geword van die eksklusiewe klub 500 en die eerste junior dogter verbonde aan Die Hoërskool Wagpos wat hierdie mylpaal bereik het. Hou so aan, Michelle. | ![]() |
|
| Tyde die afgelope skiet byeenkoms vir skole in Pretoria het Juandre Wilmot ‘n telling van 552 uit ‘n moontlike 600 behaal. Daarmee het hy ook die nommer een posisie op die ranglys vir Noord-Gauteng provinsie ingeneem. Juandre is ‘n graad nege leerling aan die Hoërskool Wagpos en ook nog ‘n Junior wat bogenoemde prestasie nog meer besonders maak. | ![]() |
|
| Tydens die Interprovinsiale skyfskiet toernooi vir skole het vier van die Hoërskool Wagpos se skuts hulle beste telling tot dusver in kompetisies behaal. Die telling is uit ‘n moontlike 600 en Reinardt Blignaut het lid geword van die klub 500. Vlnr.: Jolani du Preez (496), Chanrico Kotze (496), Werner Blignaut (541) en Reinardt Blignaut (505) |
![]() |
|
| Copyright © 2012 Hoërskool Wagpos. All rights reserved. | |
| Oefen tye: | |
|
|
| Kontak Persoon: | |
|
|