Wagpos het die afgelope paar jaar heelwat gevorder met die afrigting en aanbieding van swem as sport by die skool. Die skool het vanjaar 3 nuwe baantoue gekry en swemafrigting word deur Mnr. W.H. du Preez en Me. I. Vogel aangebied.
Vanjaar het Brandon Victor, ‘n Graad 10 leerder van Wagpos baie goed gevaar en aan die S.A. Nasionale swemkampioenskappe deelgeneem in Sasolburg gedurende 26 & 27 Maart 2010. Brandon het 2 goue medaljes verwerf, een vir die eerste plek in 50m Vryslag vir Seuns onder 16 en ‘n eerste plek in die 50m Rugslag vir seuns onder 16. Brandon is ‘n nuwe leerder vanjaar by Wagpos en ons verwag nog baie mooi prestasies van hom in die toekoms.
Leerders wat gereeld deelneem aan gala’s en oefeninge ontvang deelname sertifikate. 26 Leerders het sertifikate ontvang en 2 leerders het Ereklere in swem ontvang. Hulle is Andrew Vermaak & J.P. Taljaard, albei Graad 12 leerders wat vir 5 jaar agtereenvolgend vir Wagpos aan swem deelgeneem het.
Op 1 Februarie 2010 het ‘n vriendskaplike Swemgala plaasgevind, tussen die hoërskool Wagpos en Hartbeespoort hoërskool. Dit was goeie blootstelling vir die swemmers en almal het die middag geniet.
Wagpos se swembad is toegrus met nuwe baantoue wat voorwaar ‘n pluspunt is. Baie dankie aan ons ouers wat die swem so mooi ondersteun met byeenkomste.
Wagpos het 10 swemmers ingeskryf vir die NW swemproew wat gehou is 5-6 Februarie in Klerksdorp. Swemmers wat belowende prestasies behaal het is:
Brandon Victor (gr10)
Theunis Bester (gr10)
Morné Vorster (gr9)
Marcelle Gouws (gr9)
Arno-Armandt Janz (gr8)
Henry Bentley (gr8)
Delton de Waal (gr8)
Henry Bentley is ook ‘n langasem swimmer wat 31 Januarie by Buffelspoortdam deelgeneem het en het ook ingeskryf vir die Midmar Myl.
Ons swemmers oefen hanrd in die nuut opgegradeerde swembad en neem deel aan die interhoër in Rustenburg