Uitkoms koshuis

Uitkoms is ’n trotse en tradisie vaste tuiste vir al ons meisies. Hier leer ons meisies selfdissipline en omgee vir haarself en al haar mede Uitkoms dames. Ons glo dat elkeen van ons leerders veiliger voel binne die grense van die reëls wat aan haar gestel word.

Ons simbool is ’n boom wat blom, dit stel ons jong dames voor wat op die punt staan van hul lewenspad en die waardes wat hulle vandag leer uitleef deur te blom waar hulle geplant is, vrug te dra van liefde en ywer.

Elke leerder is ’n individu met haar eie persoonlikheid wat in ‘n koshuis leer om ander met respek en deernis te behandel. Leerders word volgens grade in gange geplaas en word in ‘n twee slaapkamer of vier slaapkamer ingedeel. Ons badkamers is sentraal geplaas op elke gang en ruim. Gange het ook elkeen hul eie gang voog en twee leiers wat elke meisie help met die aanpassing van koshuislewe.

Roetine is baie belangrik in ‘n koshuis en begin met opstaantyd 5:30 soggens met stiltetyd en inspeksie. Ontbyt volg om 6:15 en skool begin 7:10. Middagete is om 14:00 waarna middag studie om 14:30 begin. 15:30 is daar tyd vir ontspan in ons kuier area en in die somer by ons eie privaat swembad. Middagete is om 17:00 met huisgodsdiens vanaf 18:00. Aand studie is vanaf 18:45 met ligte uit 21:30.

Ons visie vir ons koshuis is om welopgevoede, volwasse en selfversekerde dames die wêreld in te stuur om ’n verskil te maak waar hulle ook al sal gaan.

Ons lei met liefde