Die Hoërskool Wagpos onderskryf hier een van sy studierigtings naamlik Natuurbewaringstudies. Die Hoërskool Wagpos besef die noodsaaklikheid vir die skepping van 'n loopbaan vir elkeen van die leerders reeds al vanaf Graad 8. In die hoogs mededingende arbeidsmag van Suid-Afrika gee ons hier vir elke leerder die beste geleentheid om hom/haarself, nou al hier by ons te vorm vir hierdie mededingende arbeidsmark.
Wildsplaasbestuur beslis die antwoord ...
Dit is algemeen bekend dat Suid-Afrika Internasionaal een van die toonaangewende lande in die Toerisme bedryf is. 'n Loopbaan in die Natuurbewaringstudies te Hoërskool Wagpos vorm leerders vir hierdie dinamiese bedryf.
Die vak Wildplaasbestuur soos aangebied deur Die Hoërskool Wagpos se eie Professionele Jagter en Landbou onderwyser Mnr Herman Vogel open die hek vir die vorming van die leerder in dié loopbaanrigting. Ons eie wildskamp met fasiliteite
Die Hoërskool Wagpos se eie wildskamp van 120 hektar verleen nie net ondersteuning aan die aspirant Wildbewaarders nie, maar dien ook as basis vir die leerders se projekte in Wildsplaasbestuur.
Kampeerders van Jeugbewegings, en Spanbou kampe word gasvry in die hartjie van die bosveld deur die aspirant Wildbewaarders ontvang. Omring met die plaaslike wild en voëllewe gee Die Hoërskool Wagpos ook vir elke kampeerder die geleentheid om die Skepping van onse eie besonderse omgewing te ervaar.